die alternatief tot allerdaagse foutiewe semantiese uitdagings

afrikaans | my taal

Slider

bly dat jy kom kyk!

die nuwe webportaal


die splinternuwe afrikaans | my taal webportaal

ons voorliefde

is wat ons doen

stories deel

sekerlik een van die grootste plesiere van die afrikaanse taal is die vermoë om stories so te vertel soos net ons dit kan doen. dit verbind mense, dit skep 'n warme atmosfeer van vertroudheid, wat 'n mens in ander tale nie presies so kan uitdruk nie.

deel wees

'n taal is nie net 'n medium om te kommunikeer nie. 'n taal maak dit moontlik om deel te wees van 'n gemeenskap, 'n groep van mense wat almal dieselfde woorde gebruik om hulleself uit te druk. 'n gevoel van 'ek behoort hier'.

oor die bordrand

die tye verander, mense ook. die taal bly egter so 'n groot deel van 'n mens se bestaan, dis moeilik om die herkoms te ontken. as 'n mens na al die veranderinge kyk, besef 'n mens hoe magtig 'n taal is. dit maak dit moontlik om grense te oorskry.

vryheid en openheid

een van die sterkste eienskappe wat afrikaans-sprekende mense het, is die gasvryheid aan andere wat genooi is, of ook onverwags opdaag, in te nooi en te versorg. die vraag natuurlik, is of ons daardie vermoë êrens langs die pad verloor het.

waarom hierdie webportaal?

hierdie webportaal het in die laaste paar jaar 'n redelike gedaanteverwisseling ondergaan en was miskien nie altyd so toeganglik vir almal wat in afrikaans belangstel nie. hier 'n paar punte wat die portaal is - en wat dit nie is nie.

as jy - as 'n besoeker op hierdie webwerf - nie daarvan hou nie, mog jy geluk elders vind.

diversiteit & inklusiviteit

hierdie webportaal is vir mense wat afrikaans praat, daarin belangstel en selfs vrymoedig bevorder. daar is geen beperking op geloof, ras, geslag, seksuele oriëntasie of iets dergliks nie.

uitruil van idees

mense het verskillende opvattings van hoe die wêreld is, veral daardie deel van die wêreld wat in hulle onmiddellike omgewing is. deel jou wêreld met andere, dan sien jy dalk hulle wêreld met ander oë.

nationalisme is nie patriotisme nie

dit is partykeer so maklik om die beide begrippe te verwar. afrikaans | my taal is NIE 'n portaal wat onderdrukkende idees uit politiese oortuiging huisves nie, eerder een wat mense se taalaffiniteit bevorder.

geen plaasvervanging

daar is etlike webwerwe wat ook afrikaans is. die inhoud en trant word deur hulle eienaars bepaal. afrikaans | my taal vervang geen ander werf nie. dit word onafhanklik en met impulse van taalliefhebbers bedryf.

deel jou wêreld

'n taal is meer as net 'n klomp woorde, dis 'n moontlikheid om brûe te bou, meer van ander te leer en horisonne uit te brei. deel jou wêreld en beleef iets anders. so maklik, so eenvoudig.

as jy 'n bydrae wil lewer, stuur ons jou stories, resepte, artikels, menings - ons hoor graag van jou.

afrikaans is my taal, want...

vertel ons waarom afrikaans jou taal is, hoe dit jou alledaagse omgang met andere beïnvloed.

gedigte

jy kan jou goed uitdruk in afrikaans en jy het die vermoë om dit ook met 'n gedig te doen.

my verhaal

stel jouself voor. vertel ons wie jy is, wat jy doen en waarin jy belangstel.

my gedagtes oor...

as daar iets op jou hart is wat jy graag van jou bors wil kry, nou is jou kans.
amazing-feature-home.png

kontak ons

waarvoor wag jy nog? op jou merke, gereed, ...

deel jou wêreld

stuur ons jou storie, gedagtes, resepte en voorslae.

my bydrae

Please publish modules in offcanvas position.